Lees (read) die teks en beantwoord (answer) die vrae….

Questions

  Lees (reаd) die teks en beаntwооrd (аnswer) die vrae.   Willie Wоnka se sjokolade-fabriek [1] “O, wat ʼn man is hy, hierdie Willie Wonka!’’, roep Oupa Joe uit. Daar is so baie verskillende soorte sjokolade om van te kies. Dit is baie moeilik om ʼn keuse te maak. Het jy geweet dat hy byvoorbeeld al meer as tweehonderd nuwe soorte sjokoladestafies ontwerp het?  [2] Sy sjokoladestafies het elk die soetste, romerigste en lekkerste binnekant, wat geen ander fabriek nog kon maak! Die nuutste een is die sneeuwit sjokolade. Willie Wonka se sjokolade is baie goedkoop.  Ons kan hulle aanhoudend koop. "Sowaar!" roep Ouma Josephine uit. Hy stuur dit na al die uithoeke van die wêreld! [3] Is dit nie so nie, Oupa Joe?” “Dit is so, my liefling, dit is. Al die konings en presidente van die wêreld eet ook sy sjokolade. Hy maak nie net sjokoladestafies nie. O, grote griet, nee! Mnr. Willie Wonka het al met fantastiese uitvindsels na vore gekom. Het jy geweet dat hy nou net ʼn manier uitgevind het hoe om sjokoladeroomys te maak? Dit kan nogal vir ure koud bly sonder om dit in die yskas te sit. [4]Dit sal nie eers loperig raak as dit die heeltyd op ʼn warm oggend in die son lê nie.” “Dit is onmoontlik!”, sê klein Charlie, wat sy oupa aanstaar. “Natuurlik, dit ís moontlik!”, roep Oupa Joe hard uit. [5]“Dit is totaal ongehoord! Willie Wonka is die enigste persoon wat dit reggekry het!” “Reg genoeg!” Die ander knik hulle koppe instemmend. “Mnr. Willie Wonka het dit gedoen! [Uittreksel uit ʼn boek deur Roald Dahl]