VRAAG 2 Beаntwооrd AL die vrаe. Die Ashburtоn Slаghuis is 'n gewilde slaghuis naby Pietermaritzburg. Die tabel hieronder gee die pryslys van die gewildste vleissnitte. Die kosprys word deur die slaghuis aan die abatoir betaal. Die verkoopprys word deur klante aan die slaghuis betaal. Regs kliek op die onderstaande knoppie om die TABEL VAN VLEISPRYSE in 'n nuwe oortjie oop te maak. 2.1.1 Bereken die waarde van A, die verkoopsprys per kg filet, indien die kosprys met 42% verhoog word. (3) 2.1.2 'n Klant koop 1,2 kg spareribs en 0,5 kg skaaptjops. Bereken die totale bedrag wat die klant betaal het. (3) 2.2 Mevrou Madlala het vleis by hierdie slaghuis gekoop. Die onderstaande kassierstrokie is deur die Ashburton Slaghuis uitgereik en aan haar gegee ná die verkope. Regs kliek op die onderstaande knoppie om die KASSIERSSTROKIE in 'n nuwe oortjie oop te maak. 2.2.1 Verduidelik waarom dit vir die slaghuis nodig is om Mevrou Madlala 'n kassiersstrokie te gee. (2) 2.2.2 Toon aan hoe die bedrag van R98,00 vir die biltong bereken is. (3) 2.2.3 Toon aan dat die BTW teen 15% bereken is. Sluit alle berekeninge in wat gebruik is. (3)