Verwys na Bron 2A   2.1.1  Definieer die volgende ko…

Verwys na Bron 2A   2.1.1  Definieer die volgende konsepte: (a)   Eugenetiek (1×2) (b)   Ariese Ras (1×2) (4)  2.1.2  Wat dink jy het Hitler probeer bereik deur skrywe soos in Bron A getoon?  Ondersteun jou antwoord met bewyse van die bron. (2×2) (4)  2.1.3  Met behulp van die bron en jou eie kennis, verduidelik hoe Hitler ‘n rassestaat met die propaganda geskep het. (2×2) (4)      [12]  Verwys na Bron 2B   2.2.1  Volgens Bron C, wat was twee van die ‘siektes’ dat ‘n mens gesteriliseer kan word  voor omdat jy die siekte  in Nazi-Duitsland gehad het? (2×1) (2)   2.2.2  Volgens die bron, hoeveel mense is gesteriliseer onder die Wet vir die voorkoming van Oorerflike Siektes in  Nageslagtes? (1×1) (1)  2.2.3  Was hierdie wet gebaseer op  oortuigings rakende positiewe of negatiewe eugenetiek? (1×2) (2)  2.2.4  Gebruik jou eie kennis, verduidelik die doel van sterilisasie in Nazi-Duitsland. (1×2) (2)  2.2.5 Op grond van jou begrip van menseregte, verskaf ‘n aanhaling wat duidelik die skending van menseregte aandui. (1×2) (2) 2.2.6 Gebruik jou eie kennis, noem DRIE ander groepe wat die Nazi’s geteiken het. (3×1) (3)     [12]  Verwys na Bron 2C   2.3.1  Op grond van Bron 2C, beskryf die kunstenaars se siening van die ideale Duitse familie. (2×2) (4)  2.3.2  Identifiseer TWEE elemente in hierdie skildery en verduidelik waarom die kunstenaar dit ingesluit het.  (2×2) (4)      [8]  Verwys na Bron 2D   2.4.1  Volgens Bron D, wat is Duitse vroue toegeken om te doen? (1×1) (1)  2.4.2  Volgens die bron, wat kwalifiseer vroue om ‘n Goue Kruis te ontvang? (1×1) (1)  2.4.3  Wat is die spotprenttekenaar se houding teenoor die situasie wat hy in die spotprent uitbeeld?  Gebruik bewyse uit die bron om jou antwoord te ondersteun. (2×2) (4)  2.4.4 Studeer Bron 2C en 2D. Verduidelik die kontrasterende perspektiewe van die twee kunstenaars.  (2×2) (4)      [10]  2.5.1 Gebruik jou eie kennis en relevante inligting in die bronne, skryf ‘n paragraaf van ongeveer TIEN tot VYFTIEN (10-15) lyne waarin jy bespreek hoe die Nazi-party eugenetieke in sy rassebeleid gebruik het. [8]   [50 Marks]