Lees die onderstaande uittreksel uit hoofstuk 8 en beant…

  Lees die onderstaande uittreksel uit hoofstuk 8 en beantwoord dan die vrae wat daarop volg:     Die naweek kon nie gou genoeg gekom het nie.  By die huis doen elkeen vandag sy eie ding teen sy eie pas.  Tim se ma noem dit ‘n Stadige Saterdag.  Sy het so twee van hierdie Saterdae per maand wanneer elkeen in die huis vir homself moet sorg, en sy ‘n bietjie eie bederftyd inruim.   Tim is vroeg al wakker en uit die huis op pad perdestalle toe.  Dis sý bederftyd, sy dinktyd.  

  Lees nou die onderstaande uittreksel uit hoofstuk 2 van…

  Lees nou die onderstaande uittreksel uit hoofstuk 2 van die boek en beantwoord dan die vrae wat daarop volg:     “Maak julle handboeke oop op bladsy een-en-vyftig,” grom die onnie.   “Hei, wat gaan aan?” fluister Edgar toe Tim by die lessenaar inskuif.   Edgar en Tim ken mekaar al van laerskool af.  Daar het hulle elke pouse saamgespeel, was hulle saam in elke skoolkonsert en saam by elke sportgeleentheid.  En natuurlik saam in die moeilikheid wanneer hulle nie saam ‘n plan gemaak het om dit te ontduik nie.   Edgar het in ‘n stadium baie kom oorslaap.