1.2 Gee die korrekte en VOLLE biologiese term(e) vir elk v…

1.2 Gee die korrekte en VOLLE biologiese term(e) vir elk van die volgende beskrywings. Tik die vraag nommer in, gevolg deur die term(e). 1.2.1 ‘n Nukleïensuur met fosfate, deoksiribose suikers en stikstofbevattende basisse, gerangskik in ‘n dubbele heliks.  (1) 1.2.2 ‘n Nukleïensuur met fosfate, ribose suikers en stikstofbevattende basisse gerangskik in ‘n enkele string.  (1) 1.2.3 Die gebruik van DNS-analise om vaderskap, moederskap of die teenwoordigheid van ‘n persoon se DNS by ‘n misdaadtoneel te bepaal.  (1) 1.2.4 Die monomere van nukleïensure. (1) 1.2.5 Die fase van proteïensintese waartydens ‘n mRNS -molekule deur ‘n ribosoom gelees word.  (1) 1.2.6 Die fase van proteïensintese waartydens ‘n mRNS-molekule geproduseer word met behulp van ‘n DNS-templaat.  (1) 1.2.7 Die tipe RNS- molekule wat aan aminosure verbind en hulle vervoer vanaf die sitoplasma na die ribosome.   (1) 1.2.8 Drie basisse op ‘n string mRNS wat die kode is vir ‘n spesifieke aminosuur.    (1) 1.2.9 Drie basisse op ‘n string tRNS wat die kode is vir ‘n spesifieke aminosuur.  (1) 1.2.10 ‘n String aminosure wat nog nie lank genoeg is om ‘n proteïen te vorm nie.  (1)