VRAAG 2: Burgerlike samelewing betogings 1950’s – 1970’s SLE…

VRAAG 2: Burgerlike samelewing betogings 1950’s – 1970’s SLEUTALVRAAG: Swart Kragbeweging   Regskliek op die knoppie om die bronne te sien. Kyk na Bron 2A   2.1.1  Definieer die term Swart Mag in jou eie woorde. (1×2) (2)  2.1.2  Gebruik  jou eie kennis en verduidelik waarom Islam en die Nasie van Islam gewild geword het onder Afrika-Amerikaners tydens Swart Mag beweeging. (2×2) (4) 2.1.3  “Sodra jy uit die swart gemeenskap in hul gemeenskap beweeg, is dit vir ‘n tydperk gemeng, maar hulle is weg en jy is weer net daar op jou eie.”   Deur die gebruik van hierdie aanhaling en jou eie kennis verduidelikof jy dink Malcolm X met Martin Luther King Jnr se Burgerregtebeweging ooreengestem het. Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2×2)  (4)  2.1.4  Haal ‘n lyn uit die bron aan, wat die beste beskryf waarom dit belangrik was vir Malcolm X om polities weer Afrika-Amerikaners op te voed? (1×2) (2)      [12]  Kyk na Bron 2B   2.2.1  Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik wat die term Pan-Afrikanisme beteken. (1×2)    (2)   2.2.2  Volgens Stokely Carmichael lys die drie groot probleme wat Swart mense in die gesig gestaar het? (3×1)  (3)  2.2.3  Haal ‘n lyn uit die  bron aan wat verduidelik waaroor Stokely Carmichael voel ‘n revolusie gaan. (1×2)  (2)  2.2.4 Verduidelik waarom Stokely Carmichael sê dat selfs Afrikane op die Afrika-vasteland landloos is. (1×2) (2)   [9] Skryf die antwoord vir 2.1.1 – 2.2.4 hier

AFDEELING B: OPSTEL VRAE    Regskliek op die knoppie o…

AFDEELING B: OPSTEL VRAE    Regskliek op die knoppie om die opstelrubriek in ‘n nuwe blad te open.     3. Geneem uit ‘n brief deur Martin Luther King jr van Birmingham tronk — April 16, 1963.   “Individue het ‘n morele plig om onregverdige wette ongehoorsaam te wees… geregtigheid te lank vertraag is geregtigheid ontken.”   Verduidelik in watter mate die verskillende vorme van protes, wat gebruik word deur die Burgerregtebeweging in die Verenigde State van Amerika (VSA), ‘n einde gebring het aan onregverdige wette in die 1960’s.   [50]    Skryf die antwoord vir vraag 3 hier  

Kyk na Bron 1C   1.3.1  Wat was die doel van die vor…

Kyk na Bron 1C   1.3.1  Wat was die doel van die vorming van NAVO? (1×2) (2)  1.3.2  Lys enige 3 lede van NAVO. (3×1)   (3)  1.3.3  Wat was die Berlynse Blokkade? (1×2)                 (2)  1.3.4  Verduidelik waarom “die Berlynse Blokkade ‘n laagtepunt vir internasionale betrekkinge” was. (2×2)  (4)  1.3.5  Definieer die term “wedersydse verdediging” in die konteks van die bron. (1×2) (2)      [13]  Kyk na Bron 1D   1.4.1  Verduidelik waarom Stalin ‘n buffersone rondom die USSR wou skep. (1×2) (2)  1.4.2  Definieer die term ‘Invloedsfeer’. (1×2) (2)  1.4.3 Noem TWEE lande wat onder beheer van die USSR gekom het. (2×1) (2)     [6]  1.5 Met die gebruik van inligting van die relevante bronne asook jou eie kennis, skryf ‘n paragraaf van ongeveer TIEN tot VYFTIEN lyne (ongeveer 100 woorde) waarin jy bespreek hoe die Berlynse Blokkade bygedra het tot die Koue Oorlog spanning tussen die Westerse magte en die Sowjetunie.   (8)    Vraag 1 Totaal  [50]   Skryf die antwoord vir 1.3.1 – 1.5 hier