VRAAG  1: BANKVERSOENING, INTERNE KONTROLE EN BEGRIPPE [63 p…

VRAAG  1: BANKVERSOENING, INTERNE KONTROLE EN BEGRIPPE [63 punte] VRAAG 1.1 BEGRIPPE [5 punte] Voltooi elkeen van die volgende sinne. 1.1.1 ʼn Tjek wat ouer as ses maande is, sal nie deur die bank aanvaar word nie omdat dit ʼn … is. (1) 1.1.2 Toestemming verleen aan ʼn derde party om maandeliks outomatiese betalings uit die lopende rekening van ʼn besigheid te ontvang, staan bekend as ‘n… (1) 1.1.3 ʼn Bedrag wat ʼn bank maandeliks van die rekeninghouer se rekening aftrek, wat gebruik word om die bankrekening te bestuur is … (1) 1.1.4 ʼn Inskrywing wat as ʼn ‘onbetaalde’ tjek op die bankstaat aangedui word, sal beskou word as ‘n … (1) 1.1.5 ʼn Fasiliteit waarby ʼn besigheid meer geld uit sy lopende rekening mag gebruik as die hoeveelheid geld wat die besigheid in sy lopende rekening beskikbaar het is ‘n … (1)

3. ‘n Vergelyking van die Bankversoeningstaat op 31 Januar…

3. ‘n Vergelyking van die Bankversoeningstaat op 31 Januarie 2021 met die Bankstaat vir Februarie 2021 wat van Golden Bank ontvang is, toon die volgende:      3.1 Die uitstaande deposito van R3 218 verskyn op die Bankstaat vir Februarie 2021.     3.2 Tjeknommer 101 vir R1 489 is op 11 Februarie 2021 deur die bank betaal.     3.3 Tjeknommer 102 vir R350 is aan Flash Lighting Handelaars vir goedere op krediet aangekoop, uitgereik.  Die tjek het verlore geraak en betaling is gestop.  Dit is deur tjeknommer 135 vervang.  Geen inskrywings is daarvoor gemaak nie.  Tjeknommer 135 is nog nie deur Flash Lighting Handelaars vir betaling aangebied nie.     3.4 Tjeknommer 104 vir R950, gedateer 15 Maart 2021, is nog uitstaande.   4. ‘n Vergelyking van die Bankstaat vir Februarie 2021 met die kontantjoernale het die volgende verskille aangetoon:     4.1 ‘n Debiteur, B Usoro, het ‘n bedrag van R860 direk in die besigheid se rekening betaal.     4.2 ‘n Onbetaalde tjek vir R566 wat voorheen van ‘n debiteur, S Ally ontvang is, is deur die bank teruggestuur gemerk  “V/T”.     4.3 ‘n Stoporder vir R800 ten gunste van Sun Versekeraars vir die volgende:       Geboue en inhoud van die besigheid             R650       Eienaar se privaat motor            R150     4.4 Die volgende kostes is deur Golden Bank teen die besigheid se lopende rekening gedebiteer:       Diensfooie R55       Kontantdepositofooi R36       Heffings R11     4.5 Golden Bank het die besigheid se lopende rekening met R54 vir rente gekrediteer.     4.6 Tjeknommer 131 vir R695 ten gunste van die Stadstesourier vir elektrisiteit verskyn korrek op in die Bankstaat vir Februarie 2021.  Die tjek verskyn in die Kontantbetalingsjoernaal as R569.  Korrigeer die fout.      4.7 ‘n Deposito van R4 000 op 28 Februarie 2021 verskyn nie op die Bankstaat nie.     4.8 Die volgende tjeks is nog nie vir betaling aangebied nie:       Nr 132 R1 639       Nr 133 R1 051     4.9 Die bankstaat toon ‘n voordelige saldo van R5 000 op 28 Februarie 2021.