1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volge…

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Tik die vraagnommer in die antwoordblok gevolg deur die term. 1.2.1 ‘n Versteuring wat veroorsaak word deur ‘n dieet wat nie proteïene bevat nie. (1) 1.2.2 Gebied in die chloroplast waar die ligonafhanklike fase (donker fase) van fotosintese plaasvind. (1) 1.2.3 Die ritmiese sametrekking van die spysverteringskanaal wat veroorsaak dat voedsel in die derm beweeg. (1) 1.2.4 Die proses wat in die lewer plaasvind wat lei tot die afbreek van aminosure. (1) 1.2.5 Sel wat nie ‘n ware kern en membraangebonde organelle het nie. (1) 1.2.6 ‘n Diagram wat die evolusionêre verwantskappe tussen biologiese spesies toon. (1) 1.2.7 Oordrag van stuifmeelkorrels van die helmknop van een plant na ‘n stigma van ‘n ander nie-verwante plant van dieselfde spesie. (1)

  AFDELINGC: VRAAG 4: 4.1 Die tabel hieronder toon d…

  AFDELINGC: VRAAG 4: 4.1 Die tabel hieronder toon die totale aantal spesies wat gevind is in die 6 diere-filums wat in graad 11 bestudeer is. Die filums is in alfabetiese volgorde in die tabel geplaas. Gebruik die inligting in die tabel om die vrae wat volg te beantwoord. Tabel wat die hoeveelheid spesies per filum aandui: Filum: Hoeveelheid spesies: Annelida: 9 000 Arthropoda: 1 000 000 Chordata: 84 700 Cnidaria: 9 000 Platyhelminthes: 13 000 Porifera: 5 000  

1.1.8 Watter van die volgende rakende fotosintese is waar?…

1.1.8 Watter van die volgende rakende fotosintese is waar? A.        Dit hou die suurstofvlakke in die atmosfeer konstant. B.         Dit hou die koolstofdioksied vlakke in die atmosfeer konstant. C.        Fotosintese verskaf kos vir heterotrofiese organismes. D.        Al die bogenoemde. (2)

1.1.9 Watter van die volgende word NIE met bilaterale simm…

1.1.9 Watter van die volgende word NIE met bilaterale simmetrie geassosieer nie? A.    Kefalisasie.B.    Sinsorgane word gevind naby die voorpunt van die liggaam.C.    Ewekansige, nie-rigting beweging.D.    Die organisme kan slegs in een vertikale vlak deur die middellyn gesny word, om twee spieëlbeelde te vorm.         (2)

1.1.4 Watter van die volgende stellings rakende briofiete…

1.1.4 Watter van die volgende stellings rakende briofiete is onwaar? A.    Die gametofiet generasie is outotrofies. B.    Die sporofiet generasie is nie die dominante generasie nie.C.    Gamete versmelt om die protonema te vorm.D.    Spore word tydens die sporofiet-generasie geproduseer. (2)