VRAAG 3 AARP BEGINSELS EN DIE REKENINGKUNDIGE VERGELYKING…

VRAAG 3 AARP BEGINSELS EN DIE REKENINGKUNDIGE VERGELYKING         3.1 Pas die AARP beginsels by die beskrywing en toepassing van die beginsels. 12   AARP BEGINSEL BESKRYWING TOEPASSING 3.1.1 Lopende saakbeginsel A. Inkomste en uitgawes moet in die korrekte finansiële periode gerapporteer word. U. Rente op oortrokke rekening word as ‘n aparte bedrag in die aantekening by die inkomstestaat getoon. 3.1.2 Parings beginsel B. Finansiële state word opgestel met die veronderstelling dat ‘n onderneming in die afsienbare toekoms sal voortbestaan. V. Grond en geboue word die afgelope 50 jaar teen R20 000 getoon, alhoewel dit nou R1 miljoen werd is. 3.1.3 Historiese koste beginsel C. Finansiële inligting wat belangrik is vir die besluite van gebruikers, moet afsonderlik getoon of uitgelig word. W. Wanneer verkope aangeteken word, moet die koste van die verkope terselfdertyd geboekstaaf word. 3.1.4 Entiteits beginsel D. Finansiële resultate word op ‘n konserwatiewe wyse gerapporteer en moet nie as te hoog getoon word nie. X. `n Vennoot het huur van R5 000 ontvang vir `n woonstel aan die sy huis. Dit word nie in die inkomstestaat van die onderneming weerspieël nie. 3.1.5 Omsigtigheids beginsel E. Die finansiële sake van die eienaars word apart van dié van die besigheid gehou. Y. Skade wat aan ‘n kliënt betaal moet word, word volgende jaar in die hof afgehandel. ‘n Geskatte bedrag van R100 000 word vanjaar aangeteken. 3.1.6 Wesenlikheids beginsel F. ‘n Bate word teen die oorspronklike kosprys aangeteken, nie die vervangingskoste of ‘n skatting van die waarde daarvan nie. Z. Handelsvoorraad word in die finansiële state getoon teen die koste van R30 000, alhoewel die onderneming slegs R15 000 sou kry as die aandeel vandag verkoop word.  

3.2 Toon die uitwerking van die volgende transaksies op di…

3.2 Toon die uitwerking van die volgende transaksies op die rekeningkundige vergelyking.  Aanvaar ten alle tye ‘n gunstige banksaldo en die deurlopende voorraadstelsel word gebruik. Waar daar geen uitwerking op B, E of L is nie, moet jy ‘n ‘0’ toon. Voorbeeld: `n Voertuig op krediet aangekoop. 20   3.2.1 Betaal ‘n krediteur per tjek vir ‘n uitstaande bedrag.     3.2.2 Amy neem voorraad teen kosprys vir persoonlike gebruik.            3.2.3 Mari het addisionele kapitaal in die vorm van kontant bygedra.     3.2.4 Reik ‘n tjek uit aan Amy vir haar bonus.     3.2.5 Mari gee ‘n voertuig vir afleweringsdoeleindes as addisionele kapitaalbydrae.     3.2.6 Finale verdeling van netto wins toegedeel aan Amy         [32]     TOTAAL: 200 PUNTE