VRAAG 3                        Beantwoord AL die…

  VRAAG 3                        Beantwoord AL die vrae.   3.1 Jon en sy vriende besluit om ‘n deel van die “Midlands Meander” vir die dag te besoek. Dit is ‘n skilderagtige padroete met klein winkeltjies, kunsstalletjies en koffiewinkels.  Die dorpie, Nottingham Road, is een van die interessante plekke wat ‘n mens kan besoek.  Jon vind die volgende kaart op die internet. Let wel: die kaart is nie volgens skaal geteken nie.       Regs kliek op die onderstaande knoppie om die KAART van Nottingham Road-dorpie en die omliggende area in ‘n nuwe oortjie oop te maak.     3.1.1 Beskryf die ligging van Nottingham Road-dorpie aan iemand wat nie vertroud is met die gebied nie. Sluit die naam van die provinsie, die name of nommers van die belangrikste paaie, so wel as enige landmerke in u beskrywing in. (4)   3.1.2 Is die kaart “volgens skaal” geteken? Verskaf ‘n rede vir u antwoord.  (2)   3.1.3 Jon en sy vriende beplan om ‘n aantal plekke op die Midlands Meander te besoek. Sou hulle hierdie kaart vir hul reis kon gebruik? (2) 3.2 Die volgende kaart wys die klein dorpie Nottingham Road.  Verwys na hierdie kaart om die vrae wat daarop volg beantwoord.     Regs kliek op die onderstaande knoppie om die NOTTINGHAM ROAD-kaart in ‘n nuwe oortjie oop te maak.     3.2.1 Jon wil weet hoe ver dit is vanaf die handwerksentrum (craft centre) tot by die afdraai na die kunsgalery (art gallery). (Albei is in die regter boonste hoek van die kaart geleë) Hy meet die kaartafstand as 3 cm. Daarna gebruik hy die staafskaal waar 1cm 400m voorstel. Beteken dit dat die handwerksentrum (craft centre) 1,2 km vanaf die afdraai van die kunsgalery is? Toon jou berekening om jou antwoord te staaf. Gee die antwoord in kilometer. (4)   3.2.2 In watter rigting sou jy ry as jy van die handwerksentrum (craft centre) na die kunsgalery (art gallery) gaan? (2) 3.3 Die vier vriende besluit om die Nelson Mandela-vangplek op pad terug na Pietermaritzburg te besoek. Hulle verdwaal en stop buite Timber 24 op die R103 roete. Google maps gee die volgende roete om na die Mandela monument te gaan.     Regs kliek op die onderstaande knoppie om die NELSON MANDELA VANGPLEK-kaart in ‘n nuwe oortjie oop te maak.   3.3.1 Skryf aanwysings vanaf Timber 24 na die Nelson Mandela-vangplek neer. (4)  3.3.2 Die kaart wys dat indien jy met ‘n gemiddelde snelheid van 35 km / h ry, jy die Mandela-vangplek binne 5 minute sal bereik. Gebruik berekeninge om aan te toon dat dit korrek is.  Gebruik die formule: Afstand = snelheid x tyd (4)  

VRAAG 1 Beantwoord AL die vrae.     Munisipalit…

VRAAG 1 Beantwoord AL die vrae.     Munisipaliteite verhoog tariewe en kostes op ‘n jaarlikse basis. Die Bonjellas is in kennis gestel dat die munisipale tariewe van 2020 tot 2021 sal styg. Die verwagte verhogings word hieronder getoon:                Regs kliek op die onderstaande knoppie om die TARIEWE TABEL in ‘n nuwe oortjie oop te maak.    1.1  Verduidelik waarom dit nodig is om soveel besonderhede in ‘n finansiële dokument soos hierdie weer te gee. (2)  1.2 Gebruik berekeninge om aan te toon hoe die totale bedrag vir 2021 bereken is. LET WEL: BTW word teen 15% gehef. (4) 1.3 Die persentasieverhoging in die tarief vir vullisverwydering (A) word soos volg bereken:     Persentasieverhoging =

    INSTRUKSIES: 1. Hierdie toets bestaan uit 4…

    INSTRUKSIES: 1. Hierdie toets bestaan uit 4 vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. Volg die instruksies wat handel oor die indiening of “submission” van jou vrae deeglik.  Gebruik die oplaai-quiz om u antwoorde in te dien 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.  4. Jy mag ‘n goedgekeurde (nie-programeerbaar en nie-grafiese) sakrekenaar gebruik.  5. Toon ALLE bewerkings duidelik.  6. Rond jou FINALE antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders vermeld.  7. Dui maateenhede aan waar toepaslik.  8. Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geskets nie, tensy anders vermeld.  9. Grafieke en skaal tekeninge MOET met die hand geteken word.  10. Slegs PDF dokumente sal aanvaar word as opgelaaide lêers (File Uploads). Wanneer foto’s of “scans” gebruik word, maak asseblief seker dat dit DUIDELIK en LEESBAAR is.  Jy kan slegs EEN dokument oplaai.  11. Benoem jou dokument korrek. Gebruik die volgende formaat:  MLIT_GR10A1_T2_SBA04b_NAAM_VAN 12. Geen indienings (Submissions) sal aanvaar word via email nie. Indienings wat nie in die Oplaai Quizz (submit) word nie, sal nie gemerk word nie.