AFDELING B: KONTEKSTUELE VRAE Beantwoord TWEE van die DRIE v…

AFDELING B: KONTEKSTUELE VRAE Beantwoord TWEE van die DRIE vrae, NOMMER JOU VRAE DUIDELIK VRAAG 2: (BESIGHEIDSOMGEWING) Beantwoord die volgende vrae deeglik nommer asseblief volgens nommerings in die vraestel en skryf puntsgewys.   2.1 Lees die onderstaande gevalle studie en beantwoord die vrae wat volg.   BLOU BANK Blou Bank is onlangs deur die NKR met R30 miljoen beboet vir die roekelose toestaan van lenings aan klante wat nie vir ‘n lening kwalifiseer nie. Die bank het nie die kredietwaardigheid van die kliënte behoorlik geassesseer nie, wat tot gevolg gehad het dat sommige kliënte nie in staat was om hul lenings terug te betaal nie en egter dieper in die skuld geraak het. Die NKR het die bank beveel om die skulde uit lenings wat roekeloos toegestaan is, af te skryf.       2.1.1 Identifiseer die Wet wat ter sprake is in die bogenoemde gevallestudie. (2) 2.1.2 Bespreek die gevolge wat Blou Bank in die gesig kan staar vir die roekelose toestaan van lenings. (6) 2.1.3 Ontleed die positiewe impak van die Wet wat in VRAAG 2.1.1 op geïdentifiseer is. (4) 2.2 Strategiese bestuur is ‘n proses wat verseker dat geskikte besigheidstrategieë ontwikkel en geïmplementeer word in reaksie op uitdagings in die sake-omgewing.   2.2.1 Verduidelik die term strategie. (2) 2.2.2 Motiveer hoe elk van die DRIE diversifikasie strategieë geïmplementeer kan word. (3×3) 2.3 Lees die volgende scenario en beantwoord die vrae wat volg:   OCEAN VIEW HOTEL (OVH) Die bestuur van Ocean View Hotel wil hul strategiese bestuursproses verbeter. Hulle het ‘n omgewingsanalise gedoen en die volgende uitdagings geïdentifiseer: OVH is in ‘n gebied geleë waar die werkloosheidsyfer hoog is. Die nuwe Uitsig Hotel se pryse vir soortgelyke dienste is laer as OVH se pryse. Baie werkers is laat vir werk en kom nie hulle daaglikse verpligtinge na nie.     2.3.1 Noem DRIE soorte besigheidsomgewings en klassifiseer elke uitdaging uit die scenario hierbo onder hul spesifieke omgewings. Noem ook die mate van beheer wat besighede oor ELKE omgewing het. Trek die tabel hieronder oor in die ANTWOORDBLOK om die vraag te beantwoord.   BESIGHEIDSOMGEWING: UITDAGING: MATE VAN BEHEER:                       (9) 2.3.2 Beveel maniere aan waarop die besigheid aan die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) kan voldoen. (8)   TOTAAL VRAAG 2 [40]   OF  

VRAAG 3: (BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE) 3.1 Lees die onde…

VRAAG 3: (BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE) 3.1 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg:   KL MOTORVERVAARDIGERS (KLMV) Johan is onlangs in die produksie-afdeling aangestel. Volgens besigheidsbeleid moet Johan ‘n induksieprogram van twee weke deurloop voordat hy geplaas kan word.     3.1 Noem VIER aspekte wat in ‘n induksieprogram ingesluit kan word. (4) 3.2 Verduidelik sifting as deel van die keuringsprosedure. (8) 3.3 Gee billike redes vir die beëindiging van ‘n indiensnemingskontrak. (6) 3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg:   MANDY SKOENFABRIEK (MSF) Mandy Skoenfabriek het grondstowwe by Simba Verskaffers gekoop wat nie betyds afgelewer het nie. Dit het vertragings in die vervaardigingsproses veroorsaak. MSF is bekommerd oor hul produktiwiteitsvlakke.       3.4.1 Identifiseer TWEE besigheidsfunksies wat direk deur die uitdagings in die scenario hierbo beïnvloed word.  Gee MSF raad oor die gehalteaanwysers vir ELKE besigheidsfunksie wat geïdentifiseer is. Teken die tabel oor in jou ANTWOORDBLOK om jou vraag te beantwoord.   BESIGHEIDSFUNKSIES: GEHALTEAANWYSERS:           (2×4) 3.4.2 Verduidelik die verskille tussen gehaltebeheer en gehalteversekering. Gebruik die volgende tabel om jou vraag te beantwoord.   GEHALTEBEHEER: GEHALTEVERSEKERING:       (8) 3.4.3 Gee besighede raad oor die rol van gehaltesirkels om die gehalte van hul produkte en dienste te verbeter. (6)   TOTAAL VRAAG 3 [40]   OF