VRAAG 3 3.1 Lees die gedeelte hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die Kaapse blommeryk is die kleinste van die wêreld se blommeryke. Dit is die tuiste van meer endemiese en inheemse plante as in enige ander streek in Suid-Afrika. Ongeveer 70% van die 9 000 plantspesies in hierdie gebied word nêrens anders in die wêreld gevind nie. Die plantegroei van hierdie bioom, wat meestal klein bossies is, groei in voedingstof-arme grond. Hulle oorleef ook die lang droë somertoestande asook gereelde brande. Die flora van die Kaap word onder andere bedreig deur uitheemse plantegroei, asook habitatvernietiging deur mense. Talle spesies het reeds uitgesterf, daarom is die bewaring van hierdie bioom ‘n nasionale prioriteit. In ‘n poging om hierdie bioom te red, is daar verskeie projekte wat daarop gemik is om verantwoordelike reis na natuurlike gebiede aan te moedig om sodoende die omgewing te bewaar, asook om die welstand van die plaaslike gemeenskappe te verbeter. Bron: GDE 2009
Blog
2.6 Fossiele is die oorblyfsels van organismes wat in die…
2.6 Fossiele is die oorblyfsels van organismes wat in die verlede geleef het. Gekoppel aan die knoppie hieronder is foto’s van vyf verskillende tipes fossiele, A tot E. Bestudeer die foto’s en beantwoord die vrae wat volg. KLIK OP DIE KNOPPIE HIERONDER OM DIE FOTOS OOP TE MAAK:
1.1.10 Watter van die volgende is nie ‘n abiotiese faktor…
1.1.10 Watter van die volgende is nie ‘n abiotiese faktor nie? A. Bakterieë in die grondB. Suurstof in die atmosfeerC. Hoogte bo seevlakD. Waterdamp in die atmosfeer (2) [20]
2.5.1 Watter bewyse gebruik wetenskaplikes om te wys dat d…
2.5.1 Watter bewyse gebruik wetenskaplikes om te wys dat dinosourusse eens op aarde bestaan het? (1)
TOTAAL VRAAG 2 [50]
TOTAAL VRAAG 2 [50]
3.4.1 Kies die korrekte opsie uit die aftreklys hieronder…
3.4.1 Kies die korrekte opsie uit die aftreklys hieronder om die sinne akkuraat te voltooi. a) Ysbere en bruinbere behoort aan dieselfde [1] b) Ysbere en bruinbere word as afsonderlike [2] beskou omdat hulle reproduktief geïsoleer is. c) Swartbere en Atlantiese kreef is [3] spesies. (3)
1.1.3 Veronderstel die halfleeftyd van die isotoop X77 is…
1.1.3 Veronderstel die halfleeftyd van die isotoop X77 is 5 jaar. Na 30 jaar, hoeveel van die oorspronklike isotoop sal oorbly? A. B. C. D. (2)
2.5.4 Waarom is massa-uitwissings belangrik vir die evolus…
2.5.4 Waarom is massa-uitwissings belangrik vir die evolusie van spesies? (2) [10]
1.1.10 Watter van die volgende is nie ‘n abiotiese faktor…
1.1.10 Watter van die volgende is nie ‘n abiotiese faktor nie? A. Bakterieë in die grondB. Suurstof in die atmosfeerC. Hoogte bo seevlakD. Waterdamp in die atmosfeer (2) [20]
1.4 Elkeen van die volgende sinne bestaan uit ‘n verklarin…
1.4 Elkeen van die volgende sinne bestaan uit ‘n verklaring en ‘n rede, geskei deur die woord “want”. Vir elke sin kies A, B, C, D of E waar van toepassing. A- Indien beide verklaring en rede WAAR is, en die rede is ‘n KORREKTE VERDUIDELIKING van die verklaring. B- Indien beide stelling en rede WAAR is, maar die rede is ‘n VERKEERDE VERDUIDELIKING van die verklaring. C- Indien die stelling WAAR is, maar die rede ONWAAR is. D- Indien die stelling ONWAAR is, maar die rede WAAR is. E- Indien beide die stelling en die rede ONWAAR is. STELLING REDE 1.4.1. Die regter ventrikel van die menslike hart is kleiner as die linker ventrikel WANT minder bloed hoef deur die pulmonêre sirkulasiestelsel gepomp te word. [1] 1.4.2 Kleppe is nodig in alle bloed sirkulasiestelsels WANT hulle verseker dat sirkulasie in slegs een rigting plaasvind. [2] 1.4.3 Bloed beweeg stadiger in ‘n kapillêre vaat as in ‘n aar WANT are is nader aan die hart geleë. [3] 1.4.4 Sommige siektes veroorsaak ‘n toename in weefsel vloeistof wat edeem genoem word WANT meer vloeistof filtreer deur die kapillêre vate as wat weg gedreineer word deur die limfatiese stelsel. [4] 1.4.5 Die ritmiese sametrekking van die hart vind plaas sonder stimulasie van ‘n eksterne bron WANT die hartklop ontstaan in die hart self. [5] 1.4.6 Die sametrekking van die regter atrium plaas bloed onder druk WANT die trikuspidale klep tussen die linker atrium en linker ventrikel maak oop. [6] (12)