VRAAG 1.2 KIES DIE REGTE ANTWOORD:   Voltooi die v…

  VRAAG 1.2 KIES DIE REGTE ANTWOORD:   Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die onderstaande lys te gebruik. Kies slegs die korrekte woord en tik dit in die oop spasie.       Mark, dispuut, openbarebetrekkinge, tyd verwante, markontwikkeling, induksie, terugwaartse integrasie, grief, gehaltebestuur, stukwerk, mikro, Nasionale Vaardigheids,     1.2.1 Die … ontwikkelingstrategie rig die verantwoordelikhede van rolspelers in onderwys en opleiding in Suid-Afrika. (2)  

  AFDELING A: VERPLIGTEND VRAAG 1.1: MEERVOUDIGE KEU…

  AFDELING A: VERPLIGTEND VRAAG 1.1: MEERVOUDIGE KEUSE VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord.  1.1.1 Die King-kode vir Korporatiewe Bestuur bevat voorbeelde van etiese sakepraktyk. ‘n Voorbeeld van ‘n etiese sakepraktyk is om … (2)

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE 4.1 Lees die gevallestudie…

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE 4.1 Lees die gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. HOPE HOTEL Die Hope Hotel in Hermanus is naby ‘n aantal gewilde toeriste attraksies geleë. Hulle het 30 voltydse werknemers in diens en tydens spitstyd in die vakansieseisoen word tydelike werkers aangestel om aan die hotel se behoeftes te voldoen. Onlangs het die hotel ‘n daling in toeristebesprekings ervaar wat die aflê van sommige voltydse personeel tot gevolg gehad het. Misdaad in die omgewing is ook besig om toe te neem. Sommige gaste is in hulle hotelkamers beroof. Gereelde gaste van die Hope Hotel bly nou in ander hotelle en gastehuise in die omgewing wat strenger sekuriteit en ander dienste soos konferensiefasiliteite bied.     4.1.1 Noem die ekonomiese sektor waarin die Hope Hotel bedrywig is. (1) 4.1.2 Identifiseer DRIE uitdagings in die gevallestudie hierbo en ontwikkel ‘n strategie vir elke uitdaging. Trek die onderstaande tabel oor in jou antwoordblokkie en beantwoord die vraag.   UITDAGINGS: STRATEGIE:           (3×3) 4.2 Die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995) is ingestel om arbeidsverhoudinge tussen werkgewers en werknemers te reguleer.   4.2.1 Stel VIER optredes voor wat as nie-nakoming van hierdie Wet beskou kan word. (8) 4.3 Identifiseer die betrokke pilaar van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) waaraan Abil Bricks & Tiling Bpk. in ELKE geval hieronder voldoen het.   4.3.1 Thandi en Tsego is tot senior poste bevorder. (2) 4.3.2 Voorheen benadeelde werknemers is uitgenooi om aandele in die maatskappy te koop. (2) 4.3.3 Werknemers word aangemoedig om gereeld opleidingsessies by te woon. (2) 4.3.4 Die menslikehulpbronbestuurder maak seker dat almal ‘n gelyke geleentheid gebied word om vir ‘n vakante pos aansoek te doen. (2) 4.4 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg:   JEFF BANDE BPK Jeff Bande Bpk het ‘n werkswinkelbestuurder se posisie in ‘n nasionale koerant geadverteer. Die advertensie het die werksvereistes en werkspesifikasies spesifiseer en gesê dat alle moontlike kandidate onderhewig sal wees aan keuringstoetse. Daar word van suksesvolle kandidate verwag om ‘n dienskontrak te teken. Die gekose kanidaat sal ook byvoordele kan geniet ook byvoordele wat deur JB BPK verskaf word.   Informele aktiwiteite/Menslikehulpbron-funksie.Graad 12//2019     4.4.1 Identifiseer TWEE komponente van ‘n posanalise uit die bostaande scenario. (2) 4.4.2 Jy is genooi vir ‘n onderhoud. Verduidelik die rol van ‘n kandidaat tydens ‘n onderhoud. (6) 4.4.3 Evalueer die positiewe impak van byvoordele op besighede.                                  (6)   TOTAAL VRAAG 4 [40]   TOTAAL AFDELING B [80]

AFDELING B: KONTEKSTUELE VRAE Beantwoord TWEE van die DRIE v…

AFDELING B: KONTEKSTUELE VRAE Beantwoord TWEE van die DRIE vrae, NOMMER JOU VRAE DUIDELIK VRAAG 2: (BESIGHEIDSOMGEWING) Beantwoord die volgende vrae deeglik nommer asseblief volgens nommerings in die vraestel en skryf puntsgewys.   2.1 Lees die onderstaande gevalle studie en beantwoord die vrae wat volg.   BLOU BANK Blou Bank is onlangs deur die NKR met R30 miljoen beboet vir die roekelose toestaan van lenings aan klante wat nie vir ‘n lening kwalifiseer nie. Die bank het nie die kredietwaardigheid van die kliënte behoorlik geassesseer nie, wat tot gevolg gehad het dat sommige kliënte nie in staat was om hul lenings terug te betaal nie en egter dieper in die skuld geraak het. Die NKR het die bank beveel om die skulde uit lenings wat roekeloos toegestaan is, af te skryf.       2.1.1 Identifiseer die Wet wat ter sprake is in die bogenoemde gevallestudie. (2) 2.1.2 Bespreek die gevolge wat Blou Bank in die gesig kan staar vir die roekelose toestaan van lenings. (6) 2.1.3 Ontleed die positiewe impak van die Wet wat in VRAAG 2.1.1 op geïdentifiseer is. (4) 2.2 Strategiese bestuur is ‘n proses wat verseker dat geskikte besigheidstrategieë ontwikkel en geïmplementeer word in reaksie op uitdagings in die sake-omgewing.   2.2.1 Verduidelik die term strategie. (2) 2.2.2 Motiveer hoe elk van die DRIE diversifikasie strategieë geïmplementeer kan word. (3×3) 2.3 Lees die volgende scenario en beantwoord die vrae wat volg:   OCEAN VIEW HOTEL (OVH) Die bestuur van Ocean View Hotel wil hul strategiese bestuursproses verbeter. Hulle het ‘n omgewingsanalise gedoen en die volgende uitdagings geïdentifiseer: OVH is in ‘n gebied geleë waar die werkloosheidsyfer hoog is. Die nuwe Uitsig Hotel se pryse vir soortgelyke dienste is laer as OVH se pryse. Baie werkers is laat vir werk en kom nie hulle daaglikse verpligtinge na nie.     2.3.1 Noem DRIE soorte besigheidsomgewings en klassifiseer elke uitdaging uit die scenario hierbo onder hul spesifieke omgewings. Noem ook die mate van beheer wat besighede oor ELKE omgewing het. Trek die tabel hieronder oor in die ANTWOORDBLOK om die vraag te beantwoord.   BESIGHEIDSOMGEWING: UITDAGING: MATE VAN BEHEER:                       (9) 2.3.2 Beveel maniere aan waarop die besigheid aan die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) kan voldoen. (8)   TOTAAL VRAAG 2 [40]   OF