AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 4: 5 WENKE OM TROETELDIERE IN DIE SOMER TE LAAT AFKOEL Lees die onderstaande teks. Som dan die 5 WENKE OM TROETELDIERE IN DIE SOMER TE LAAT AFKOEL in jou eie woorde op. Dit moet elke keer EEN sin wees met ‘n wenk en ‘n rede wat met ‘n voegwoord verbind word. Skryf die opsomming puntsgewys in vyf volsinne en 70 woorde neer. Nommer die wenke van 1 tot 5. Skryf die woordtelling aan die einde van jou opsomming neer. Moenie volsinne direk uit die teks aanhaal nie. Jy sal gepenaliseer word as jou opsomming te kort (minder as 60 woorde) of te lank (meer as 80 woorde) is. Elke hoofpunt bevat net EEN sin met die wenk en die rede vir daardie wenk. Beplan jou opsomming in die spasie wat verskaf word voordat jy die finaal begin skryf. Jy kan ook hierdie teks in ‘n nuwe venster oopmaak deur regs te klik op die onderstaande knoppie: Hoe jy jou troeteldiere kan help afkoel in die hitte Deur Nici de Wet, 21 Februarie 2020, Uitgawe 27 Februarie 2020 Die somer is hier en daarmee saam kom warm temperature wat gevaarlik vir jou troeteldiere kan wees.Ons het by dr. Ingrid de Wet aangeklop vir wenke. 1. Honde en katte is nie in staat om so doeltreffend af te koel soos mense nie. As hulle hou van swem, laat hulle in die swembad spring. 2. Honde en katte met ’n pienk of wit neus en ore is geneig om velkanker te ontwikkel weens sonblootstelling. Dit belangrik om vir diere met pienk dele aan hul lyf en daarvan hou om in die son te lê, sonskerm aan te wend. 3. Hoewel die kussinkies aan honde se pote dik is, kan dit brand en pynlik wees. Voel altyd met jou hand op die oppervlak van die grond of straat as jy met jou hond wil gaan stap – as jy nie jou hand langer as vyf sekondes daar kan hou nie, is dit beslis te warm en moet jy nie met jou dier stap nie. 4. Die temperatuur in ‘n voertuig styg vinnig en jou troeteldier kan sterf. Moet nooit jou troeteldier alleen in ’n warm motor los nie. Hou elke twee uur stil om jou troeteldiere te laat strek en water te laat drink. 5. Diere met ‘n lang pels kry maklik warm. Dis oor die algemeen ’n goeie idee om jou hond of kat te skeer as hulle lang hare het en in die hitte sukkel.
Blog
5.4 Skryf die volgende Stelsinne as Vraagsinne sodat die v…
5.4 Skryf die volgende Stelsinne as Vraagsinne sodat die vetgedrukte deel die antwoord op jou vraag sal wees. 5.4.1 Neelsie het Meester gevra of hy sy kar kan leen. [ans1] (1) 5.4.2 Neelsie het 10 vm. vir Meester gevra of hy die kar mag leen. [ans2] (1) 5.4.3 Neelsie wil die kar leen om die meisies te beïndruk. [ans3] (1)
Hägar het ‘n baie slim plan vir die dag. Hy besluit om aan s…
Hägar het ‘n baie slim plan vir die dag. Hy besluit om aan sy boot te werk. Hy wil graag sy boot 6.1 (skoon – gee die intensiewe vorm) [ans1] skrop omdat dit so vuil is. Volgende wil hy alles wat 6.2 (gebreek / gebreuk – kies die korrekte antwoord) [ans2] is, regmaak en dan die boot 6.3 (blou – gee die intensiewe vorm) [ans3] verf. Hy sal ‘n 6.4 (boud / bout – kies die korrekte woord) [ans4] moet gaan koop om twee planke aan mekaar vas te maak. Helga vra elke dag vir Hägar om iets aan hulle huis te doen. Die boot, 6.5 (wat / wie – kies die korrekte woord) [ans5] in die hawe geanker lê, is egter vir hom die 6.6 (belangrik – gee die oortreffende trap.) [ans6] Helga kan haar 6.7 (oor – geen die meervoud) [ans7] nie glo toe Hägar sê hy gaan aan sy boot werk en nie in die huis nie. Intussen besluit Helga om haarself te geniet en 6.8 (onmiddelik / onmiddellik – kies die korrekte spelling) [ans8] dorp toe te gaan. Sy wil 6.9 (bv. – skryf die afkorting uit) [ans9] stoelkussings, beddegoed en gordyne gaan koop om die huis te versier. Sy wil ook graag ander 6.10 (interessante / interresante – gee die korrekte spelling) [ans10] borde vir die kombuis koop. Toe sy by die huis kom, is Hägar 6.11 (kwaad – gee die intensiewe vorm) [ans11] oor alles wat Helga gekoop het. Haar geskokte antwoord is dat sy nie baie geld spandeer het nie. Hägar besef sy optrede is 6.12 (reg – gee die antoniem). [ans12] Hy vra vir Helga 6.13 (omverskoning /om verskoning – kies die regte woord) [ans13] en 6.14 (glo / belowe – kies die korrekte woord) [ans14] dat hy dadelik 6.15 (aan / by – gee die korrekte voorsetsel) [ans15] die huis sal begin werk.
3.5.2 Gee ‘n rede uit die spotprent vir jou antwoord By Vr…
3.5.2 Gee ‘n rede uit die spotprent vir jou antwoord By Vraag 3.5.1. (1)
5.3 Skryf in die Teenwoordige Tyd. 5.3.1 Neelsie…
5.3 Skryf in die Teenwoordige Tyd. 5.3.1 Neelsie moes nooit vir Meester vir sy kar gevra het nie. [ans1] (1) 5.3.2 Neelsie sal vir Meester om verskoning vra. [ans2] (1)
5.6 Skryf die onderstaande Stelsinne oor in Vraagsinne waa…
5.6 Skryf die onderstaande Stelsinne oor in Vraagsinne waarvan die antwoord JA of NEE is. 5.6.1 Meester het nie vir Neelsie ‘n definitiewe antwoord gegee nie. [ans1] (1) 5.6.2 Meester is baie kwaad! [ans2] (1)
AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1: KOERANTARTIKEL Lee…
AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1: KOERANTARTIKEL Lees die onderstaande teks deeglik deur en beantwoord dan die vrae wat volg: Jy kan ook hierdie teks in ‘n nuwe tab (venster) oopmaak deur regs te klik op die onderstaande knoppie: Krok baljaar in swembad in Noordwes Deur: Hanti Otto. 30 Januarie 2021. 22:14 1. Met ‘n swembadbesem wat stukkend gebyt is, hoenders wat steeds ingehok is en ‘n swembad wat soos ‘n moeras ruik het ‘n krokodil in ‘n swembad in Noordwes gebaljaar. 2. En dis oulei. Hierdie besitlike krokodil moet maar die swembad hou. “Los dit daar. Hy kan maar die swembad kry,”het Angel Breytenbach grappend, maar wel met groot oë, verklaar toe die raspervel-reptiel vir die soveelste keer uit die vanger se lus glip. 3. Sy het dié petalje van die “veilige afstand”van haar stoep dopgehou, naby haar deur, sodat sy darem kon vlug. 4. Breytenbach sê haar man, Jaco, het Donderdagaand nagskof gewerk. Sy het gaan inkruip. Alles was normaal op die plaas in Moedwil, naby Rustenburg in Noordwes. 5. Sy het Vrydagoggend omstreeks 04:30 opgestaan en soos altyd op die veiligheidskameras gekyk voordat sy uitgaan om die hoenders uit te laat. “Ek het eerlikwaar eers gedink daar dryf ’n mens in die swembad toe ek op die kameraskerm kyk, totdat dit begin ‘hondjie-swem’ en ek die pote sien roei.” 6. Breytenbach het gebel en het iemand gekry wat die baaier veilig sou kon verwyder. Die swembadtrappe is wyd uitmekaar en ek dink nie die dier sou self kon uitkom nie. 7. “Ek het daarna my man gebel, wat reeds op pad huis toe was. Ek dink nie hy het my regtig geglo nie, totdat hy, eers verbaas en toe opgewonde, dit met sy eie oë aanskou het,” vertel sy. 8. “Sy – hulle het later gesê dis ’n wyfie, ek het nie self gaan kyk nie – kom vermoedelik van die rivier oorkant die pad van ons. Ek kon haar oë sien skitter in die kamera soos wat sy haar weg na die swembad gebaan het . . .” 9. Haar man het daarna die kort, maar intense, stoeigeveg tussen die krokodilhanteerders en oerreptiel op video vasgevang – van ’n baie veilige afstand af. Dit wys hoe die krokodil, ’n geskatte 3 m lank en 1,5 m breed, vierpotig op die bodem van die swembad hakke inslaan. 10. Een van die krokodilhanteerders probeer ’n lus oor haar bek trek. Dan beweeg sy met ’n drafstap-roeibeweging na die kant van die swembad, asof sy maar gaan uitklim. Maar uitklim wil sy nie. Nog ’n probeerslag, dié keer suksesvol, volg. 11. Uiteindelik kry een man flink ’n lap oor die amber-oë gegooi. Die krokodil hou brommend op rol. Met die reptiel op pad na ’n veilige – en baie ver – plek, is Breytenbach nou selfs lugtig vir waterpoele, net vir ingeval. [Aangepas en verwerk uit: KYK: Krok baljaar in swembad in Noordwes. [aanlyn] Netwerk24. Beskikbaar: https://www.netwerk24.com/Nuus/Owêreld/]
TOTAAL AFDELING B: [10]
TOTAAL AFDELING B: [10]
Totaal Vraag 1 [12]
Totaal Vraag 1 [12]
1.9 Waarom, dink jy, het een van die krokodilhanteerders ‘…
1.9 Waarom, dink jy, het een van die krokodilhanteerders ‘n lap oor die krokodil se oë gegooi? (1)