INSTRUKSIES   1. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE v…

INSTRUKSIES   1. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord VRAAG 1 op die rekenaar en VRAAG 2 tot VRAAG 7 op aparte papier en laai die antwoorde in die “Quiz” op wat na hierdie een volg.   2. Begin ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy.   3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.   4. Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.   5. Jy mag ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.   6. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.   7. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.   8. Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.   9. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ‘n minimum van TWEE desimale plekke af.   10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts, waar nodig.   11. Skryf netjies en leesbaar.   12. Handig asseblief Afdeling B in as ‘n ENKELE PDF LêER. Benoem die lêer as volg: NAAM_VAN_PHSC_SBA004b  

VRAAG 3 Die verwantskap tussen die sterkte van die inter…

VRAAG 3 Die verwantskap tussen die sterkte van die intermolekulêre kragte en die kookpunt van vier organiese stowwe word ondersoek. Die organiese stowwe sowel as die onderskeie kookpunte word in die onderstaande tabel gegee:   Regterklik op die onderstaande blou blokkie om die diagram vir Vraag 3 in ‘n nuwe venster oop te maak.   3.1 Definieër die term “kookpunt”. (2) 3.2 Watter verbinding(s) is ’n vloeistof by 50 °C? (1) 3.3 Noem die soort intermolekulêre krag wat tussen butaanmolekules aangetref word. (1) 3.4 Verduidelik die verskil tussen die kookpunte van die volgende stowwe deur te verwys na die sterkte van intermolekulêre kragte, die soort intermolekulêre kragte en/of die struktuur van molekules asook die energie.   3.4.1 Pentaan en 2-metielbutaan (3) 3.4.2 Pentaan en 2-metielpropan-2-ol (3)     [10]

VRAAG 2 Bestudeer die organiese verbindings verteenwoord…

VRAAG 2 Bestudeer die organiese verbindings verteenwoordig deur die letters A tot G in die tabel hieronder.   Regterklik op die onderstaande blou blokkie om die diagram vir Vraag 2 in ‘n nuwe venster oop te maak.     Gee die LETTER(S) wat elk van die volgende verteenwoordig: (’n Verbinding mag meer as een keer gebruik word.) 2.1.1 ’n Alkielhalied (1) 2.1.2 ’n Verbinding wat ’n karboksielgroep bevat. (1) 2.1.3 ’n Ester (1) 2.1.4 Twee verbindings wat funksionele isomere is (2) 2.1.5 ’n Ketoon (1) 2.2 Gee die:   2.2.1 Struktuurformule van verbinding E. (2) 2.2.2 IUPAC-naam van verbinding E. (2) 2.3 Verbinding G word uit verbinding F gevorm.   2.3.1 Noem die soort reaksie wat verbinding G produseer. (1) 2.3.2 Gee die formule van ’n ander verbinding wat nodig is om verbinding G vanaf verbinding F te vorm. (1) 2.4 Gee die IUPAC-name van twee verbindings wat sal reageer om verbinding A te vorm. (2) 2.5 Definieer die term “posisionele isomeer”. (2) 2.6 Vir verbinding G, gee die posisionele isomeer, asook die IUPAC-naam vir die verbinding. (3) 2.7 Benoem die homoloë reeks waartoe verbinding F behoort. (1)     [20]

VRAAG 5 Die onderstaande grafiek stel die energieverande…

VRAAG 5 Die onderstaande grafiek stel die energieveranderinge, tydens die verloop van ‘n chemiese reaksie , voor.   Regterklik op die onderstaande blou blokkie om ALLE diagramme vir Vraag 5 in ‘n nuwe venster oop te maak.     5.1 Definieer ‘aktiveringsenergie’. (2) 5.2 Stel die grafiek ‘n endotermiese of eksotermiese reaksie voor? Motiveer jou antwoord. (2) 5.3 Gee die aktiveringsenergie vir die terugwaartse reaksie in kJ.mol-1 (2) 5.4 ‘n Geskikte katalisator is vir hierdie reaksie verkry. Teken die gegewe grafiek oor en dui duidelik aan wat die effek van die katalisator sal wees op die aktiveringsenergie. (2) 5.5 Hoe sal die toevoeging van ‘n katalisator die ΔH beïnvloed? (2) 5.6 Die volgende kurwes stel verskillende faktore voor wat die tempo van ‘n chemiese reaksie kan beïnvloed.   Gebruik asseblief Diagram 2, Vraag 5 om die volgende vrae te beantwoord.   5.6.1 Watter lyn X, Y of Z, stel ‘n verhoging in konsentrasie van die reaktante voor? (2) 5.6.2 Gebruik die botsingsteorie om te verduidelik hoe die verhoging in konsentrasie die reaksietempo gaan beïnvloed. (3) 5.7 ‘n Ondersoek is gedoen om die effek van die konsentrasie van ‘n reaktant op die totale tyd wat dit neem om ‘n chemiese reaksie te voltooi. Vier pogings van dieselfde reaksie word uitgevoer. In elke poging was die aanvanklike konsentrasie van die reaktant verskillend. Die tyd benodig om die reaksie te voltooi word elke keer gemeet. Die data vir elkeen van die vier pogings word getoon in die tabel hieronder.   Gebruik asseblief Diagram 3, Vraag 5 om die volgende vrae te beantwoord.   5.7.1 Verskaf ‘n ondersoekende vraag vir hierdie eksperiment. (2) 5.7.2 Identifiseer die afhanklike veranderlike. (1) 5.7.3 Gebruik die resultate in die tabel en teken ‘n grafiek. (4) 5.7.4 Gebruik jou grafiek en bereken die gemiddelde reaksietempo vir die eerste 40 s. (4) 5.7.5 Skryf ‘n gevolgtrekking vir hierdie eksperiment. (2)     [28]