Vraag 3 – Aanbiedings [16] Met al die aksie in die swe…

  Vraag 3 – Aanbiedings [16] Met al die aksie in die swembad het James Sutherland ‘n aanbieding geskep van die Top 5 prestasies. Daar was nie genoeg tyd om dit te voltooi nie, maar gelukkig kan jy help. Maak die 3_Top5 from Tokyo.pptx-aanbieding oop en volg die onderstaande instruksies. 3.1 Wis die leë skyfie uit aan die begin van die aanbieding (delete). (1) 3.2 Pas die ION-tema toe op die hele aanbieding en maak seker dat die Reveal-oorgang (transition) toegepas is op al die skyfies in die aanbieding (4) 3.3 Die skyfie met inligting wat aan die begin van die lys moet wees, is op die verkeerde plek. Vind die skyfie met die opskrif: 1. Three New Individual Gold Medalists en skuif  hierdie hele skyfie sodat dit direk na die titel-skyfie vertoon. (1) 3.4 Verander die grootte van die foto op skyfie 3 (2. Emma McKeon Makes History) om ‘n hoogte van presies 13cm te hê en aan die regterkant van die teks te vertoon. (1) 3.5 Skyfie 4 (3. Bronze Medal-Winning Time Faster Than 2019 World Gold In Seven Events) het slegs ‘n opskrif. Voeg die prentjie: 3_Bronze Medals.png in en maak seker dit pas op die skyfie. (1) 3.6 Op skyfie 5 kan die teks nie gelees word nie. Maak ‘n verandering aan die foto, om seker te maak dat die teks voor die foto vertoon.  *Moenie die grootte of kleure van die foto verander nie. (1) 3.7 Voeg ‘n nuwe skyfie in aan die einde van die aanbieding. Die opskrif en teks vir hierdie skyfie is in 3_Slide6 text.txt en die foto wat ingevoeg moet word is 3_Slide6 Image.png. Jy kan hieronder ‘n voorbeeld sien van hoe die skyfie behoort te lyk. Regsklik op hierdie knoppie en selekteer die “Open link in new tab” opsie. (3) 3.8 Voeg die huidige datum in as ‘n onderskrif (footer) en maak seker dat dit outomaties sal opdateer. (2) 3.9 Om ‘n aanbieding goed af te rond is ‘n goeie navigasie-sisteem belangrik. Voeg ‘n toepaslike aksieknoppie in op die heel laaste skyfie om die gebruiker terug te neem na die heel eerste skyfie van die aanbieding. (2) Stoor die 3_Top5 from Tokyo.pptx-aanbieding en maak dit toe. MOENIE as .pdf stoor nie.   Dit moet in die OPLAAI-Quiz opgelaai word nadat hierdie Quiz voltooi is/tyd op is.

WANNEER JY KLAAR IS/JOU TYD OP IS – HIER IS HOE OM JOU LêERS…

WANNEER JY KLAAR IS/JOU TYD OP IS – HIER IS HOE OM JOU LêERS OP TE LAAI: Maak seker dat die lêers waaraan jy gewerk het gestoor is op jou rekenaar Maak WORD, EXCEL, en POWERPOINT toe Al jou lêers moet opgelaai word in die OPLAAI quiz wat volg na hierdie quiz. Sodra jy heeltmal klaar is met jou vraestel, klik die “SUBMIT QUIZ” knoppie regs onder Om dan na die OPLAAI Quiz te navigeer moet jy die “NEXT” knoppie klik (regs-onder) en jy het dan 10 minute om die lêers waaraan jy gewerk het op te laai Let asb: GEEN .PDF lêers nie – volg eenvoudig die instruksies.

  Vraag 2 – Sigbladverwerking [20] Om te verstaan hoe go…

  Vraag 2 – Sigbladverwerking [20] Om te verstaan hoe goed atlete in hierdie olimpiese spele geswem het, is dit ‘n goeie idee om na die laaste 20 jaar se rekords te kyk en so bietjie te vergelyk. ‘n Sigblad is opgestel met ‘n samevatting van Olimpiese rekords. Maak die 2_Swimming Records.xlsx-sigblad oop en werk in die Female Records-werkblad. 2.1 Smelt die selle A1 tot E1 saam en sentreer die opskrif in hierdie nuwe sel. (1) 2.2 Kolom A bevat getalle wat as “Position” gestoor is, gesorteer van groot na klein. Vir die werkblad om meer sin te maak, sorteer die tabel-data volgens hierdie kolom, van klein na groot    *Maak seker om alle relevante data ook in te sluit wanneer jy sorteer. *Posisie 1 en Yuliya Efimova se inligting behoort in ry 3 te vertoon. (3) 2.3 Voeg ‘n funksie in sel H3 om te tel hoeveel swemmers in die lys ingesluit is.  *Moenie eenvoudig 13 as die antwoord intik nie, punte word gegee vir ‘n funksie. (2) 2.4 Daar word inligting vermis in kolom E. Maak gebruik van ‘n funksie in sel H4 om te tel hoeveel plekname nie ingevul is nie. (2) 2.5 Stel vas hoeveel rekords in Manchester, United Kingdom opgestel is deur ‘n spesifieke tipe tel-funksie in sel H5 in te voer. *Sel I5 kan as verwysing gebruik word in jou funksie. (3) 2.6 Om uit te vind watter nommer in die middel (Mediaan) van die lys van posisies (Kolom A) is, voer ‘n funksie in sel H6 in wat vir jou die korrekte antwoord sal gee. *Moenie eenvoudig 7 as die antwoord intik nie, punte word gegee vir ‘n funksie. (2) 2.7 Die datum waarop die werkboek besigtig word moet vertoon in sel H7.  Voeg ‘n funksie in hierdie sel in om die huidige datum te vertoon (dit sal outomaties moet opdateer) (1) 2.8 Indien ‘n gelukkige wenner van ‘n prys aangewys moes word volgens die “Position”-data in Kolom A, voeg ‘n funksie in sel H8 in om ‘n lukrake (random) nommer te kies uit dié lys nommers. (2) 2.9 Maak die volgende veranderinge aan die werkblaaie se tabs: Wis ALL TIME RECORDS uit (delete) Herbenoem SHEET 2 na “MALE RECORDS” Beweeg die FEMALE RECORDS-werkblad om eerste in die lys te vertoon. Verander die kleure van albei tabs, kies self enige 2 verskillende kleure (4) Stoor die 2_World Records.xlsx-sigblad en maak dit toe. MOENIE as .pdf stoor nie.   Dit moet in die OPLAAI-Quiz opgelaai word nadat hierdie Quiz voltooi is/tyd op is.