VRAAG 7 7.1 Emma erf R100 000 en besluit om die g…

  VRAAG 7 7.1 Emma erf R100 000 en besluit om die geld te gebruik om ‘n kar te koop. 7.1.1 As Emma die geld belê teen 12,5% p.a. jaarliks saamgestel vir 3 jaar, bepaal die waarde van die belegging aan die einde van die tydperk. (2) 7.1.2 Emma het gehoor dat die kar wat sy wil koop R160 000 sal kos oor 3 jaar. Bepaal die rentekoers (korrek tot 2 desimale plekke) wat sy sal moet onderhandel om die kar te kan bekostig. (4) 7.2 Tshiamo droom daarvan om een miljoen Rand te wen met die Lotto en om van die geld af te lewe. Haar lewensstyl benodig R15 000 per maand. ‘n Rentekoers van 10,5% p.a. maandeliks saamgestel is beskikbaar. Sy hoop om haar nuwe leefstyl te begin sodra sy die geld deponeer. Sy wil onmiddellik R15 000 onttrek. Bepaal hoe lank sy van haar wengeld af kan lewe. Gee jou antwoord in jare en maande. (8) [14]

  VRAAG 11 Bestudeer die woord SECURITY. 1…

  VRAAG 11 Bestudeer die woord SECURITY. 11.1 Bereken op hoeveel maniere die letters rangskik kan word. Elke letter mag net een keer gebruik word. (2) 11.2 Bereken op hoeveel maniere die letters rangskik kan word as die eerste letter ‘n S is en die vyfde letter ‘n C is. Elke letter mag net een keer gebruik word. (2) 11.3 Bereken op hoeveel maniere die letters rangskik kan word as die letters C, U en R mekaar moet volg, in enige volgorde. Elke letter mag net een keer gebruik word. (3) [7]

  VRAAG 4   Die eerste term van ‘n konvergente meetk…

  VRAAG 4   Die eerste term van ‘n konvergente meetkundige reeks is 16. Die som tot oneindig is twee keer die eerste term.   4.1 Vind ‘n uitdrukking vir die algemene term van die reeks in eenvoudigste vorm. (5) 4.2 Bepaal watter term ‘n waarde van sal hê. (3) 4.3 Verduidelik hoekom die meetkundige reeks konvergeer. (1) [9]