4.4 REKENINGKUNDIGE VERGELYKING     Hans en Griet…

4.4 REKENINGKUNDIGE VERGELYKING     Hans en Griet is vennote van Hantel Handelaars.     GEVRA     Ontleed die onderstaande transaksies soos in die voorbeeld.  Dui ‘n vermeerdering met ‘n + aan, ‘n vermindering met ‘n  –  en geen effek met ‘n 0. Aanvaar dat die banksaldo altyd gunstig is. (9)   Voorbeeld: Betaal die huur per tjek, R500.   No. Bates Eienaarsbelang Laste Bv. – 500 – 500 0     Transaksies:     4.4.1 Vennoot Hans onttrek R3 000 kontant vanuit die besigheid se bankrekening vir eie gebruik.     4.4.2 Betaal Griet se maandelikse salaris per tjek,  R18 500.     4.4.3 Hans se rente op kapitaal beloop R38 600 vir die jaar.     4.4.4 Die selfoonrekening van R300 is nog verskuldig aan Vodacom.           42     TOTAAL 150  

  AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING     1….

  AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING     1. Die debiteur, A. Adams, stuur goedere met ‘n verkoopsprys van R6480 terug.  Die winsopslag persentasie is 80% op kosprys.  Die transaksie is nooit geboekstaaf nie.     2. Daar is ‘n fisiese voorraadopname op 29 Februarie 2016 gedoen en die waarde van die voorraad voorhande beloop R67 500.     3. Verpakkingsmateriaal ten bedrae van R6 750 is gedurende die finansiële tydperk gebruik.     4. Die rekening vir water en elektrisiteit is vanaf die stadsraad vir R1200 ontvang.  Geen inskrywing is gemaak nie.     5. M. Mbiza, ‘n debiteur, is insolvent verklaar.  Die besigheid ontvang ‘n finale dividend van 40 sent uit elke rand.  Die R360 wat ontvang is, is behoorlik geboekstaaf en op 26 Februarie 2016 gebank.  Die uitstaande bedrag moet as oninbaar afgeskryf word.     6. Die bankstaat ontvang van Bank van Afrika toon op 29 Februarie 2016 die volgende:         ●        Bankkoste, R200                    ●        Rente op lopende rekening, R155         ●        Geweierde tjek (ter vereffening van sy skuld van R490) vir R450.     7. Die voorsiening vir oninbare skuld moet tot R2 220 aangesuiwer word.     8. Versekeringsuitgawes sluit ‘n jaarlikse premie van R1 320 in wat vir die tydperk 1 Augustus 2015 tot 31 Julie 2016 betaal is.     9. Een werknemer is uit die salarisjoernaal vir Februarie 2016 uitgelaat:           Bruto Salaris Aftrekkings Werkgewers- bydrae Netto Salaris ? R3 650 R750 R10 400         10. Die huur inkomste sluit die huurgeld vir Maart en April 2016 in.  Let daarop dat die huur op 1 Oktober 2015 met 10% verhoog is.     11. Die leningstaat wat van die Bank van Afrika ontvang is:                       R Saldo op 1 Maart 2015 277 000 Rente gekapitaliseer             ? Terugbetalings gedurende die jaar insluitend rente 90 000 Saldo op 29 Februarie 2016 215 000 Rente is aan die begin van die jaar gekapitaliseer.     12. Sommige van die rente op die vaste deposito is steeds uitstaande vir die huidige jaar.  Die vaste deposito was onveranderd gedurende die jaar.     13. Waardevermindering op vaste bates  beloop R34 000 vir die jaar.         65

  VRAAG 1:  AARP-BEGINSELS             (5 punte; 4 minute)…

  VRAAG 1:  AARP-BEGINSELS             (5 punte; 4 minute)     1.1   Die volgende transaksies is geneem uit die boeke van Lunabugz.  Die onderneming se rekenpligtige tydperk eindig 28 Februarie 2019.  Bestudeer elke transaksie en kies die korrekte AARP-beginsel wat van toepassing is. (5)   GEVRA     1.1.1 Kredietverkope aan D. Maslaba vir R17 000 is nie geboekstaaf nie. Koste van verkope beloop R10 000.         [OPSIE1]     1.1.2 Waardevermindering op vaste bates beloop R48 700 vir die jaar.       [OPSIE2]     1.1.3 Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot R2 600 aangesuiwer word.       [OPSIE3]     1.1.4 Versekering sluit ‘n bedrag van R3 600 in vir die tydperk 1 November 2018 tot 31 Oktober 2019.       [OPSIE4]     1.1.5 Die eienaar van Lunabugz het die Powerball gewen. Hy het nie die wengeld in die Inkomstestaat van sy onderneming aangeteken nie.       [OPSIE5]       5

  VRAAG 2:  INKOMSTESTAAT EN NOTA VIR HANDELS- EN ANDER ON…

  VRAAG 2:  INKOMSTESTAAT EN NOTA VIR HANDELS- EN ANDER ONTVANGBARES                              (65 punte; 52 minute)     Jy word voorsien met inligting geneem uit die boeke van Loier Handelaars.  Die finansiële jaar eindig op 29 Februarie 2016.     GEVRA     2.1 Stel die Inkomstestaat vir die jaar geëindig  29 Februarie 2016 op. (54)   2.2 Stel die handels- en ander ontvangbare nota vir die jaar geëindig  29 Februarie 2016 op. (11)   INLIGTING     Opsioneel:  REGSKLIEK OP DIE BUTTON EN MAAK IN ‘N NUWE TAB OOP OM DIE VOORAANSUIWERINGSPROEFBALANS AF TE LAAI       Vooraansuiweringsproefbalans op 29 Februarie 2016     BALANSSTAAT AFDELING Debiet Krediet     Kapitaal: Moloi   380 000     Kapitaal: Meyer    175 000     Privaatrekening: Moloi   20 000     Privaatrekening: Meyer   25 500     Onttrekkings: Moloi 140 000       Onttrekkings: Meyer 135 000       Voertuie (teen kosprys) 476 000       Toerusting (teen kosprys) 230 000       Opgehoopte waardevermindering op voertuie(1/3/2015)   89 600     Opgehoopte waardevermindering op toerusting (1/3/2015)   86 000     Lening :  Bank van Afrika     187 000     Vaste deposito: Bank van Amerika 10% p.j. 150 000       Handelsvoorraad 70 000       Debiteurekontrole 182 840       Voorsiening vir oninbare skuld   2 400     Bank 161 048       Kleinkas 350       Krediteurekontrole   32 550  

  VRAAG 4:  TERME, BATEVERKOPE EN NOTA VIR VASTE BATE (42…

  VRAAG 4:  TERME, BATEVERKOPE EN NOTA VIR VASTE BATE (42 punte; 34 minute)     Jy word voorsien van inligting rakende Kgosi Handelaars op 29 Februarie 2016, die einde van die finansiële periode.     GEVRA     4.1 Stel ‘n bateverkoperekening in die Algemene Grootboek op. Sluit die rekening af op 29 Februarie 2016. (11)   4.2 Stel die nota vir Vaste bates op.  Toon jou berekeninge. (20)   4.3 Die grond en geboue word op 1 Maart 2015 herwaardeer en die markwaarde beloop R700 000. In die finansiële state reflekteer dit as R400 000.  Watter AARP-beginsel is hier van toepassing? (2)     Saldo’s op 1 Maart  2015   Kosprys Opgehoopte waardevermin-dering Drawaarde Grond en geboue 400 000 ( 0) 400 000 Voertuie 300 000 (76 000) 224 000 Toerusting 80 000 (20 000) 60 000       INLIGTING       Grond en geboue       ●         Uitbreiding aan die geboue is gedoen teen ‘n koste van R120 000.       ●         Herstelwerk aan die stoorkamer beloop R25 000.       Voertuie       ●  Ruil ‘n ou voertuig op 1 September 2015 vir R55 000 in by Josi Motors.  Die voertuig is op 1 Maart 2013 vir R100 000 aangekoop. Die nuwe voertuig is op dieselfde datum vir R150 000 op krediet gekoop.         ●  Waardevermindering op voertuie word bereken teen 20% p.j. op die kosprysmetode (reguitlynmetode).         Toerusting       ● Kgosi Handelaars het agt nuwe skootrekenaars teen R6 000 elk op 1 Desember 2015 aangekoop.         ● Waardevermindering op toerusting word bereken teen 10% p.j. volgens die verminderde saldo-metode.