VRAAG 3 3.1 Natriumkarbonaat (of wassoda) word gebruik…

VRAAG 3 3.1 Natriumkarbonaat (of wassoda) word gebruik as ‘n skoonmaakmiddel vir huishoudelike doeleindes, soos om klere te was. Natriumkarbonaat is ‘n bestanddeel van baie droë seepoeiers. ‘n Paar Gr11-leerders wil die reaksie tussen sure en basisse ondersoek. Hulle reageer natriumkarbonaat met soutsuur.   3.1.1 Skryf die gebalanseerde chemiese vergelyking vir bogenoemde reaksie neer. (3) 3.1.2 Definieer ‘n basis in terme van die Brönsted-Lowry-teorie.  (2) 3.1.3 Skryf ‘n gebalanseerde chemiese vergelyking neer wat die volledige ionisasie van soutsuur in water toon. (2) 3.1.4 Definieer die term amfoteriese stof (amfoliet) en identifiseer die stof/we in die reaksie in Vraag 3.1.1 wat as ‘n amfoteriese stof/we (amfoliet) kan optree. (2) 3.2 Beskou die volgende protolitiese reaksies en identifiseer die suur-basis-gekonjugeerde pare.   3.2.1 H2O + NH3 → NH4+  +  OH- (2) 3.2.2 OH-  +  HCO3-   → H2O  +  CO32- (2) 3.4 ‘n Standaard natriumhidroksiedoplossing word in ‘n 250 cm3 volumetriese fles voorberei. Tydens ‘n titrasie neutraliseer 20 cm3 van ‘n 0,1 mol.dm-3 salpetersuuroplossing 25 cm3 van die bogenoemde standaardoplossing volgens die volgende gebalanseerde vergelyking: HNO3(aq) + NaOH(aq) → NaNO3(aq) + H2O(l)     3.4.1 Bereken die konsentrasie van die NaOH -oplossing wat geneutraliseer is. (5) 3.4.2 Bereken die massa natriumhidroksied wat gebruik word om die standaardoplossing in die volumetriese fles voor te berei. (4)     [22]

NB!!! BAIE BELANGRIKE TOETS INLIGTING   Indien jy jou vraest…

NB!!! BAIE BELANGRIKE TOETS INLIGTING   Indien jy jou vraestel klaar beantwoord het of die tyd versteke is, klik asseblief op die “Submit Quiz”-knoppie hieronder.   Beweeg asseblief daarna na die PHSC GR11A SBA 006 KONTROLE TOETS 1 KWARTAAL 3 2021 (PDF OPLAAI) QUIZ, deur op die “NEXT” knoppie te klik.    Laai asseblief jou ENKELE PDF dokument in hierdie “Quiz”op.   Jy sal 20 minute daarvoor gegun word.   Onthou asseblief om jou PDF dokument korrek te benoem: NAAM_VAN_GR11A_PHSC_SBA006