AFDELING A:  LEESBEGRIP TEKS A:  KOERANTARTIKEL Vraag 1 …

AFDELING A:  LEESBEGRIP TEKS A:  KOERANTARTIKEL Vraag 1    Lees die volgende koerantartikel en beantwoord die vrae wat daarop volg.   DAVID SE NUWE ROVER 1. Hy kon nie wag om agter die stuurwiel van sy nuwe motor in te skuif nie, maar net ‘n paar maande later het David Bowler se blink blou Rover hom erg laat bloos. 2. In plaas van ‘n droommotor met ‘n kragtige enjin wat die koppe laat draai, het dit meer soos ‘n trekker geklink en ook so stadig soos een gery. David moes voet in die hoek sit om teen ‘n bult uit te kom en duim vashou dat hy dit sou haal. Die grootste verleentheid was toe die enjin geknal het dat jy net rook en vlamme sien trek. 3. Hy het sy nuwe motor teruggevat na die garage wat gesê het daar is waarskynlik iets los. Maar so eenvoudig was dit nie – werktuigkundiges kon skaars hul oë glo toe hulle onder die enjinkap loer en sien wat presies vout is: Meer as 2 000 grondboontjies van sowat 3.5 kg was in die lugfilter “weggesteek”! 4. Ons dink ‘n ywerige eekhoring het in die lugpyp opgeklim en sy wintervoorraad in die filter gebêre. Die skelm eekhoring het moontlik die grondboontjies uit ‘n voëlbak in David se tuin gesteel en dit snags in die lugfilter weggesteek terwyl die Rover in die motorhuis geparkeer was. 5. Gelukkig is die probleem opgelos toe die grondboontjies verwyder is. David se motor ry nou soos hy moet en almal is tevrede – behalwe die eekhoring wat so hard gewerk het. 6. Die eekhoring sal nie weer die filter kan gebruik nie, want David gaan die opening onder sy motorhuisdeur so gou moontlik laat toemaak. Verwerk uit: Huisgenoot

  Vraag 8.1     Bob is tevrede met die informasie…

  Vraag 8.1     Bob is tevrede met die informasie wat hy ingesamel het. Hy wil weet of jy dalk saam met hom na sy planeet toe wil gaan. Hy noem dat sy planeet geen water het nie, net sjokolade melk fonteine. Hulle het land, maar die grond kan nie plante laat groei nie. Die lug is baie ryk aan dik gas mengsels.  a) Dink jy iemand sal kan oorleef op Bob se planeet?  b) Gee ‘n rede vir jou antwoord.   (2)