VRAAG 1 Peter is ‘n professionele bestuurder vir ‘n watersui…

VRAAG 1 Peter is ‘n professionele bestuurder vir ‘n watersuiweringsmaatskappy genaamd Vattie, hy lewer water aan groot supermarkte regoor Suid-Afrika. Die maatskappy het aan Peter gesê dat hy ‘n nuwe vragmotor op sy volgende reis van Johannesburg na Nelspruit gaan ry. (Onthou : 1Kl=1000 L) 1.1 Peter het navorsing oor hierdie nuwe vragmotor gedoen en gevind dat dit ‘n kapasiteit van 5kl het.     1.1.1 Wat is die kapasiteit waarna Petrus verwys? (2)   1.1.2 Wat is die kapasiteit van die vragmotor in liter? (2) 1.2 Die reis vanaf Johannesburg na Nelspruit is 34 070 000 cm.     1.2.1 Wat is die toepaslike eenheid van meting om die afstand van die reis weer te gee? (2)   1.2.2 Skakel die afstand van die reis vanaf Johannesburg na Nelspruit om in die metings eenheid wat jy in 1.2.1 gekies het. (2) 1.3 Tydens die navorsing het Peter ook uitgevind dat die agterkant van die vragmotor ‘n verkoelingstelsel het wat die water by die korrekte temperatuur tydens die reis hou.     1.3.1 Petrus het gesien dat die verkoelingstelsel op 36 grade Fahrenheit gestel is. Wat is die metingseenheid van temperatuur wat in Suid-Afrika gebruik word? (1)   1.3.2 Bereken die temperatuur van die verkoelingstelsel in grade Celsius. Gebruik: °C =(°F – 32) x 1.8 (2) 1.4 Bereken teen watter spoed Petrus gery het indien dit hom 4 ure geneem het om van Johannesburg na Nelspruit te reis.Spoed = afstand / tyd (3) 1.5 As Petrus elke uur ‘n 30 min breek neem hoe lank sal die totale reis hom neem? (3)

VRAAG 3 Gebruik die volgende kaart om die vrae hieronder…

VRAAG 3 Gebruik die volgende kaart om die vrae hieronder te beantwoord: REGS-KLIK OP DIE KNOPPIE OM DIE BLADSY IN ‘N NUWE OORTJIE OOP TE MAAK   3.1 Bell Vista is 212,5 km van Lothar af. Wat is die kaartmeting tussen hierdie twee plekke? Gebruik die staafskaal om u vraag te beantwoord. Elke segment op die staafskaal is 1 cm. (4) 3.2 Hoe lank sal dit neem om van Bell Vista na Lothar te reis as jy teen ‘n spoed van 100 km/h ? Skryf jou antwoord in ure, minute en sekondes. Let daarop dat: Tyd = Afstand / Spoed (5) 3.3 Gebruik die getalskaal om te wys dat die afstand van Bella Vista na Lothar 212,5 km is.  (3)