LEES DIE VOLGENDE UITTREKSEL EN BEANTWOORD DAN DIE VRAE….

LEES DIE VOLGENDE UITTREKSEL EN BEANTWOORD DAN DIE VRAE. 1. “Kry daardie rekenaartegnikus…uh, Thomas…” “Thompsen,” help meneer Andersen vir Dok Pienaar. “Kry vir Thompsen, dat hy kom kyk” 2. “Maar sal hy so laat in die aand uitkom, Dok?” vra meneer Andersen. “Hy bly op Harrismith. Hy sal die hele ent pad moet inry-“ 3. “Dis waarvoor hy betaal word, verdomp!” Van sy stemtoon kan ek aflei dat Dok se bal nou lekker knyp. Maar waaroor? Wat is fout met die rekenaars? Hulle het iets gepraat van die leerderdatabasis. Die antwoord kom gouer as wat ek verwag. 4. “Jy is seker jy het reg gekyk, Pete? Dreun Dok. Meneer Andersen se stem is kalm, maar die benoudheid slaan nogtans deur: “Ek sê vir jou, Dok. Daar is géén kontakpersone op Eckardt se skoolrekords nie. Nie eens sy ouers se name nie. Geen adres, geen telefoonnommers. Niks. Net sy naam: Eckardt Wilken.”     5. Weer alleen in my donker koshuiskamer en ek kan nie slaap nie. Dis asof Eckardt my nie wíl laat slaap nie. Hy is weg maar nou eweskielik meer teenwoordig as ooit. Nes John in daardie eerste stormdae ná sy dood. Die dae van verskriklike woede. In my agterkop bly iets net sê: ek hoop Eckardt is oukei, ek hoop nie hy het iets stupids loop en aanvang nie. 6. En ás hy iets doms aangevang het, wat dan?  

  Afdeling B: Gedigte Vraag 2: Huisie by die see    …

  Afdeling B: Gedigte Vraag 2: Huisie by die see     1. Ek het ‘n huisie by die see.  Dis nag. 2. Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan 3. teenaan die rots waarop my huisie staan 4. met al die oseaan se woeste krag.   5. Ek hoor die winde huil – ‘n kreun, ‘n klag, 6. soos van verlore siele in hul nood 7. al dwalend, klagend, wat in graf en dood 8. geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag.           9. My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig. 10. Ek hoor dan maar hoe loei die storm daar buite, 11. ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite; 12. hier binne is dit veilig, warm en dig. 13. Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan – 14. dit is ‘n rots waarop my huisie staan.          

  Algemene vrae.   1.1 Kies die korrekte woord by…

  Algemene vrae.   1.1 Kies die korrekte woord by elke oop spasie. Eckardt is die 1.1.1[a] by Lawson Kollege. Hy gaan 1.1.2 [b] elke oggend en maak dan vir Greg wakker vir ontbyt. Eckardt is slim en weet hoe om rekenaars te 1.1.3. [c] Hy is eintlik maar ‘n 1.1.4 [d]. Sy kubernaam is 1.1.5 [e]. (5)