VRAAG 1  Vir elk van die volgende vrae (1.1 -1.5),…

VRAAG 1  Vir elk van die volgende vrae (1.1 -1.5), kies die korrekte antwoord deur die vraagnommer en korrekte letter neer te skryf. Byvoorbeeld: 1.1 F   1.1 Kapasiteit word gemeet in: (1) A. Liters B. Kilogram C. Sentimeters   1.2 Lengte word gemeet in: (1) A. Milliliters B. Gram C. Meters   1.3 Massa word gemeet in: (1) A. Kiloliters B. Kilometers C. Kilogram   1.4 Kies die korrekte soort berekening wat gedoen moet word by die volgende: Wanneer jy van ‘n groot eenheid tot ‘n klein eenheid omskakel, moet jy ______ (1) A. Optel B. Aftrek C. Maal D. Deel   1.5 Kies die korrekte soort berekening wat gedoen moet word by die volgende:  Wanneer jy van ‘n klein eenheid tot ‘n groot eenheid omskakel, moet jy ______ (1) A. Optel B. Aftrek C. Maal D. Deel (1)     [5]   Geen antwoorde word getik in die oop spasies nie. Alle antwoorde word handgeskrewe gedoen op papier.   

VRAAG 2  Vir elk van die volgende tydnotasies, skryf ne…

VRAAG 2  Vir elk van die volgende tydnotasies, skryf neer of dit ‘n analoog- of digitale tydnotasie is. Skryf eers die tyd en dan die notasie. Byvoorbeeld: 10:05 is digitale tyd. 2.1 08:05 (1)       2.2 8.05 n.m. (1)       2.3 19:19 (1)           [3]   Geen antwoorde word getik in die oop spasies nie. Alle antwoorde word handgeskrewe gedoen op papier.    

 INSTRUKSIES:  1. Die antwoorde wat jy in die vraestel…

 INSTRUKSIES:  1. Die antwoorde wat jy in die vraestel verskaf, moet jou eie, oorspronklike werk wees. 2. Geen kopiëring vanaf enige bron word toegelaat nie. 3. Alle werk moet op jou eie skryfpapier in jou eie handskrif gedoen word. 4. Die vraestel bestaan uit 6 vrae. 5. Jy moet al die vrae beantwoord. 6. Punte word vir elke vraag aangedui. 7. Skandeer al jou antwoorde in, stoor dit as een PDF dokument en laai die dokument aan die einde van jou vraestel op.  Benoem die dokument: WISK GR 6A (jou naam en van) KW 3 TOETS 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Nommer jou antwoorde volgens die nommers op die vraestel. 10. As jy slegs antwoorde gee, sal jy nie volpunte verdien nie. Wys jou berekeninge/stappe, indien anders vermeld.  11. Hou jou oog op die tyd.