INSTRUKSIES: 1. Lees al die instruksies baie mooi…

  INSTRUKSIES: 1. Lees al die instruksies baie mooi deur, voordat jy antwoord. Antwoord alle vrae in vol sinne waar nodig. 2. Goeie taalgebruik en korrekte spelling moet gebruik word. 3. Beantwoord alle vrae. 4. Voor jy jou toets oplaai, gaan weer deur al jou vrae en kyk na jou antwoorde. 5. Onthou om jou eie woorde te gebruik. Plagiaat is teen die reëls, en sal lei tot nul vir die betrokke vraag. 6. Indien jy enige probleme tydens die eksamen ervaar, maak asseblief gebruik van die “ EXAM CONNECT BUTTON.”  Indien jy steeds probleme ervaar, stuur gerus ‘n epos aan support@teneoschool.co.za GEDURENDE DIE EKSAMEN om ‘n nommer te ontvang.  Navrae sonder ‘n unieke nommer of eposse wat na verloop van die eksamen gestuur word word as ongeldig beskou. 

Vraag 1.1 Voor ons kan begin met die belangrike vrae,…

Vraag 1.1 Voor ons kan begin met die belangrike vrae, moet hulle eers jou kennis van die ruimte bepaal. PAS die term in Kolom A met die korrekte beskrywing in Kolom C. Kies die regte antwoord uit die opsies in Kolom B.   KOLOM A KOLOM B KOLOM C     1. Aantal planete in ons sonnestelsel. [ans1] A) Revolusie     2. Die  3 – dimensionele vorm van die aarde. [ans2] B) Maan     3. Die Son is ons naaste… [ans3] C) Kubus     4. Meeste van die aarde se oppervlakte is bedek daarmee… [ans4] D) Satiliete     5. Wat ons die aarde se beweging om die son noem. [ans5] E) 29,5     6. Mense wat in die ruimte vaar met vuurpyle. [ans6] F) Sfeer     7. Die naaste voorwerp aan die aarde. [ans7] G) Seisoene     8. Die aantal dae in ‘n maan maand. [ans8] H) Ruimte-vaarders     9. Iets wat aanhoudend om ‘n planeet of ster wentel of sirkel. [ans9] I) Ster     10. Om ‘n voorwerp aan die gang te sit. [ans10] J) Lanseer     11. Konstante beweging van die aarde om die son veroorsaak: [ans11] K) Wentel   L) 8   M) Water  (11)

AFDELING A:  LEESBEGRIP TEKS A:  KOERANTARTIKEL Vraag 1 …

AFDELING A:  LEESBEGRIP TEKS A:  KOERANTARTIKEL Vraag 1    Lees die volgende koerantartikel en beantwoord die vrae wat daarop volg.   DAVID SE NUWE ROVER 1. Hy kon nie wag om agter die stuurwiel van sy nuwe motor in te skuif nie, maar net ‘n paar maande later het David Bowler se blink blou Rover hom erg laat bloos. 2. In plaas van ‘n droommotor met ‘n kragtige enjin wat die koppe laat draai, het dit meer soos ‘n trekker geklink en ook so stadig soos een gery. David moes voet in die hoek sit om teen ‘n bult uit te kom en duim vashou dat hy dit sou haal. Die grootste verleentheid was toe die enjin geknal het dat jy net rook en vlamme sien trek. 3. Hy het sy nuwe motor teruggevat na die garage wat gesê het daar is waarskynlik iets los. Maar so eenvoudig was dit nie – werktuigkundiges kon skaars hul oë glo toe hulle onder die enjinkap loer en sien wat presies vout is: Meer as 2 000 grondboontjies van sowat 3.5 kg was in die lugfilter “weggesteek”! 4. Ons dink ‘n ywerige eekhoring het in die lugpyp opgeklim en sy wintervoorraad in die filter gebêre. Die skelm eekhoring het moontlik die grondboontjies uit ‘n voëlbak in David se tuin gesteel en dit snags in die lugfilter weggesteek terwyl die Rover in die motorhuis geparkeer was. 5. Gelukkig is die probleem opgelos toe die grondboontjies verwyder is. David se motor ry nou soos hy moet en almal is tevrede – behalwe die eekhoring wat so hard gewerk het. 6. Die eekhoring sal nie weer die filter kan gebruik nie, want David gaan die opening onder sy motorhuisdeur so gou moontlik laat toemaak. Verwerk uit: Huisgenoot

  Vraag 8.1     Bob is tevrede met die informasie…

  Vraag 8.1     Bob is tevrede met die informasie wat hy ingesamel het. Hy wil weet of jy dalk saam met hom na sy planeet toe wil gaan. Hy noem dat sy planeet geen water het nie, net sjokolade melk fonteine. Hulle het land, maar die grond kan nie plante laat groei nie. Die lug is baie ryk aan dik gas mengsels.  a) Dink jy iemand sal kan oorleef op Bob se planeet?  b) Gee ‘n rede vir jou antwoord.   (2)