INSTRUKSIES EN INLIGTING: In hierdie eksаmen mоet jy die vоlgende vааrdighede tоon: Die gebruik van die korrekte kunsterminologie Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n geskiedkundige en kulturele konteks Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese konteks 'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. 2. VRAAG 1: Begin van Modernisme VRAAG 2: Vroeë 20ste eeuse kuns VRAAG 3: Tussen die Twee Wêreldoorloë VRAAG 4: Post 1946-kuns VRAAG 5: Nuwe Media 3. Lees die vereistes van elke vraag sorgvuldig. 4. Beantwoord in VOL sinne EN skryf in paragraafformaat. 5. Gebruik die puntetoekenning as ‘n aanduiding van hoe lank jy aan elke vraag moet spandeer. 6. Moet nie dieselfde feite en voorbeelde by verskillende vrae herhaal nie. 7. Noem die kunstenaar(s) en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou. 8. Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met feite/tabelle word NIE aanvaar NIE. 9. Twee ekstra antwoordspasies word aan die einde van die vraestel ingesluit, vir ingeval jy daarvan sou wou gebruik maak. WOORDELYS Gebruik die volgende woordelys om seker te maak hoe om elke vraag te benader. Analiseer: 'n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele kunselemente (lyn, kleur, vorm, fatsoen, tekstuur en tonale waarde) en komposisie van die werk. Vergelyk: Dui die verskille en ooreenkomste aan in 'n geordende bespreking. Bespreek: Stel jou standpunt en verskaf redes daarvoor. Verduidelik: Beskryf en gee redes vir jou standpunt. Kontekstualiseer: Verwant aan die situasie, tyd/era en omgewing waarna die ingligting verwys. Interpreteer: Analiseer en evalueer (gee 'n ingeligte opinie) van die kunswerk. Plaas dit in konteks met betrekking tot; historiese, kultureel en sosiaal en staaf jou bevinding deur te verwys na deur te verwys na soorgelyke spesifieke voorbeelde.
Which scientist wаs respоnsible tо develоping the Germ theory of diseаse?